Amptelike bepalings
Orania Sakekamer koepon
- Hierdie koepon is vrylik verhandelbaar by alle ondernemings van huidige Orania Sakekamerlede.
- Orania Sakekamer is nie verantwoordelik vir enige swak, onbehoorlike, onbeskikbare of gebrekkige goedere of dienste gelewer deur sy lede nie.
- Orania Sakekamerlede is nie verantwoordelik vir enige tekort of nie beskikbaarheid van goedere of dienste nie.
- Indien Orania Sakekamer in sy uitsluitlike oordeel die koepon op aanvraag van die houer hiervan ruil vir kontant of kleingeld kan ’n kommissie, wat nie 5% van die koepon se ruilwaarde te bowe gaan nie, gehef word.
- ’n Namaaksel, afdruk of vervalsing van hierdie oorspronklike koepon is nie verhandelbaar nie, of indien hierdie koepon sodanig beskadig is dat die reeksnommer of ruilwaarde nie geïdentifiseer kan word nie of die egtheid van hierdie koepon nie redelikerwys peilbaar is nie, sal hierdie koepon nie verhandelbaar wees nie.
- Hierdie koepon verteenwoordig nie enige kwitansie of skuldbewys of enige iets soortgelyk van enige betaling as ’n deposito vir doeleindes van die Bankwet nie.
Laas opgedateer: 2026-08-24