Welkom by die Orania Sakekamer!

Jou netwerk-vennoot.
Kontak onsOor die orania sakekamer

Die Orania Sakekamer is gestig om die belange van besighede in Orania te bevorder.

01

Ons doel

Ons doel is om ’n sterk, gesamentlike stem vir die plaaslike sakegemeenskap te wees, en om ’n ondersteunende omgewing te skep waarin ondernemings kan groei en floreer.

02

Ons benaderingswyse

Die Orania Sakekamer speel ’n sleutelrol in die bevordering van besigheidsgroei en -ontwikkeling, terwyl dit ook die gemeenskap van Orania aktief ondersteun.

03

Ons missiestelling

Om jong en aspirant-entrepreneurs nie net met die nodige kennis en vaardighede toe te rus nie, maar ook met die selfvertroue en hulpbronne wat hulle nodig het om suksesvol in die sakewêreld te floreer en hul loopbane te bevorder.

Hoekom is dit voordelig om ’n lid van die Sakekamer te wees?

Lidmaatskap by die Orania Sakekamer bring ’n wye reeks voordele vir jou besigheid. Hier is waarom jy dit nie wil misloop nie:

 

1. Toegang tot gespesialiseerde inligting, voorligting en relevante kontakte.

2. Ondersteuning deur volhoubare kommunikasie met belanghebbendes in die streek.

3. Bemark jou besigheid deur materiaal tydens vergaderings te deel.

4. Netwerkgeleenthede wat lei tot samewerking en nuwe kontakte.

5. Opleidingsprogramme aangepas by jou besigheid se behoeftes.

6. Verteenwoordiging van jou belange teenoor owerhede en instansies.

7. Ontvang ’n amptelike lidmaatskapsertifikaat.

8. Neem deel aan forums oor sake- en gemeenskapskwessies.

9. Deel van ’n positiewe en ondersteunende sakegemeenskap.

10. Bou verhoudings met sleutelrolspelers in die streek.

11. Bekostigbare lidmaatskap met hoë waarde.

12. Gratis advertensies op die Sakekamer se webblad.

13. Jou onderneming word in ons aanlyn ledegids gelys.

14. Onderlinge handel tussen lede word aangemoedig.

15. Gereelde toegang tot opleiding en sake-inligting.

Statistieke

Ons lede groei by die dag

Sakekamer lede

dOra beursies

Jare se ondervinding

Word ’n aktiewe lid van ons sakegemeenskap!

Volg hierdie vier eenvoudige stappe om by die Orania Sakekamer aan te sluit:

1. LAAI DIE AANSOEKVORM AF

Laai die vorm aanlyn af of voltooi dit elektronies via ons webblad.

2. DIEN DIE AANSOEKVORM IN

Stuur die voltooide vorm per e-pos na: admin@oraniasakekamer.co.za

3. LIDMAATSKAPBEVESTIGING

Sodra ons u aansoek verwerk het, ontvang u ’n amptelike e-pos ter bevestiging van u lidmaatskap.

4. VEREFFEN DIE LIDMAATSKAPFOOI

Die lidmaatskapsfooi kan op een van die volgende vier maniere betaal word: elektroniese oorplasing (EFT), kontant, dOra-betaling of debiet-/kredietkaart.
Stuur asseblief die bewys van betaling per e-pos na: admin@oraniasakekamer.co.za