Kontak ons

Meer oor ons

Jou besigheid is ons besigheid — ontdek waar ons vandaan kom, watter projekte ons dryf, en waarna ons streef.

Waar het ons begin

Die Orania Sakekamer het in 2004 sy eerste voetstappe geneem, hand aan hand met die begin van die A-Reeks Ora’s. Sedertdien het die Sakekamer ’n kragtige gemeenskapsinisiatief geword, toegewy aan die bevordering van die plaaslike ekonomie. Ons is vasberade om, binne ons vermoë, oplossings vir die unieke uitdagings wat plaaslike besighede ervaar, te vind. Ons sal ons beywer om die katalisator vir ekonomiese groei en welstand in Orania te wees.

Ons projekte

Ons projekte, soos die Ora, het reeds ’n tweede generasie met die lootsing van die dOra (digitale Ora) in 2021 bereik. Hierdie digitale inisiatief het die horison verbreed en ’n nuwe dimensie aan ons missie toegevoeg om die ekonomiese landskap van Orania te verryk. In 2023 het ons bygedra tot die herlewing van Radio Orania, en sodoende probeer ons teruggee aan ons lede deur middel van advertensiegeleenthede op die radiostasie.

Ora-banknote: A-Reeks en kleurvolle denominasies

Ons strewe na:

Ons strewe daarna om ’n brug te slaan tussen die plaaslike besigheidsgemeenskap en die breër gemeenskap van Orania. Deur samewerking, deursigtigheid en innoverende denke, streef ons daarna om ’n omgewing te skep waarin ons almal kan groei en uitblink. Ons wil die olie wees wat die ratte van die ekonomie aan die gang hou en sodoende die welstand van ons dorp bevorder.